Pinksterreeks 2026
CLF se 2026 Pinksterreeks is nou beskikbaar in Afrikaans en Engels.
Oorsig:
Ontwrig die verdeeldheid: ’n Pinksterreis na Eenheid, Heiligheid en ’n Nuwe Mensheid in Christus is ’n kragtige seweledige preekreeks deur Phumlani Ngwenya en Mikal Barnes, gebaseer op hul komende boek wat deur CLF uitgegee word.
Die reeks put diep uit die Suid-Afrikaanse verhaal en die Bybelse Pinkstergebeure om die Kerk uit te daag om weer die eenheid te leef waarvoor Jesus in Johannes 17 gebid het. Dit hou die Kerk ’n spieël voor – om haar eie verdeeldheid, trots en kulturele gevangenskap te erken – en bied terselfdertyd ’n padkaart vir ’n Gees-geleide reis na genesing en versoening.
Met temas soos liefde as dryfkrag, heiligheid en nederigheid, waaksaamheid teen geestelike Trojanse perde, en Christus bo kultuur, roep hierdie reeks gelowiges en gemeentes op tot ’n “heilige ontwrigting” wat ware gemeenskap en transformasie bring.
Die uiteindelike doel? Die vorming van ’n nuwe mensheid in Christus – ’n versoende volk wie se lewe die geloofwaardigheid van die evangelie aan ’n verdeelde wêreld toon.
***********************************************************
Pentecost series 2026
CLF’s 2026 Pentecost series is now available in English and Afrikaans.
Overview:
Disrupting the Divide: A Pentecost Journey toward Unity, Holiness, and a New Humanity in Christ is a powerful seven-part sermon series by Phumlani Ngwenya and Mikal Barnes, based on their forthcoming book published by CLF.
Rooted in the South African story and the biblical narrative of Pentecost, this series challenges the Church to confront its internal divisions – pride, racism, and cultural captivity – and to rediscover the unity for which Jesus prayed in John 17. It serves both as a mirror that reveals the Church’s fractures and a roadmap toward Spirit-led transformation.
Download here: https://clf.us17.list-manage.com/track/click?u=3260481e0382f092fe1a15ade&id=84b57cb4ca&e=f7fd6234d8
https://clf.us17.list-manage.com/track/click?u=3260481e0382f092fe1a15ade&id=adc24d9d8e&e=f7fd6234d8
